Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die kierie is nie nodig nie, faan" deur CHARL DURAND
"Die kierie is nie nodig nie, faan" deur CHARL DURAND [boodskap #19558] Sa, 05 Desember 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
die kierie is nie nodig nie, faan
Charl Durand

dit was 'n warm, swaar bosveldsaterdagmiddag toe basie van die plaas langsaan bel en sê kom help.

dis 'n kobra, sê basie, hy staan reg om te pik.

ek het bakkie toe gehol, ingespring en deurgejaag.

daar aangekom het ek basie se sifdraadvoordeur met die kierie oopgestoot. in die sitkamer hoor ek die televisie dreunend aan.

op die bont rusbank lê basie in net sy onderbroek met sy bolyf wit tot by sy bo-arms, vanwaar die bosveldson se bruin oorneem. Hy steun op sy een elmboog, en sy nek is blink van sweet. Hy kyk vir my, miskien sê hy iets maar basie hoekom sit jy altyd die tv so hard aan. die kobra lê slap halflyf oor die springbokvel op die klipvloer, sy kop onderstebo sodat die bleek gladheid van sy keelvel wys.

die bakkop was hier, beduie basie en hy sluk nog whiskey. hy maak sy vingers bak 'n halfmeter van sy gesig af. en elke slag as die selfoon piep maak as ek met my duim 'n nommer druk verstar hy, ek voel hoe ons mekaar se gedagtes probeer lees. maar hy't 'n fout begaan, sê basie. want toe die senter die drie druk en die mense mal juig het die slang geskrik en vir die tv gekyk.

dis toë dat ek die nokia gooi, sê basie.
Re: "Die kierie is nie nodig nie, faan" deur CHARL DURAND [boodskap #19565 is 'n antwoord op boodskap #19558] So, 06 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
writes: >

> die kierie is nie nodig nie, faan
> Charl Durand
>
>
>
> dit was 'n warm, swaar bosveldsaterdagmiddag toe basie van die plaas langsaan bel en sê kom help.
>
> dis 'n kobra, sê basie, hy staan reg om te pik.
>
> ek het bakkie toe gehol, ingespring en deurgejaag.
>
> daar aangekom het ek basie se sifdraadvoordeur met
die kierie oopgestoot. in die sitkamer hoor ek die televisie
dreunend aan.
>
> op die bont rusbank lê basie in net sy onderbroek
met sy bolyf wit tot by sy bo-arms, vanwaar die bosveldson
se bruin oorneem. Hy steun op sy een elmboog, en sy nek
is blink van sweet. Hy kyk vir my, miskien sê hy iets
maar basie hoekom sit jy altyd die tv so hard aan.
die kobra lê slap halflyf oor die springbokvel op die
klipvloer, sy kop onderstebo sodat die bleek gladheid
van sy keelvel wys.
>
> die bakkop was hier, beduie basie en hy sluk nog whiskey. hy
maak sy vingers bak 'n halfmeter van sy gesig af. en elke slag
as die selfoon piep maak as ek met my duim 'n nommer
druk verstar hy, ek voel hoe ons mekaar se gedagtes probeer
lees. maar hy't 'n fout begaan, sê basie. want toe die senter
die drie druk en die mense mal juig het die slang geskrik en
vir die tv gekyk.
>
> dis toë dat ek die nokia gooi, sê basie.


Wat is "nokia"?

Piggy, wat nie van yswyn hou nie.
Re: "Die kierie is nie nodig nie, faan" deur CHARL DURAND [boodskap #19579 is 'n antwoord op boodskap #19558] Ma, 07 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henry van Zyl  is tans af-lyn  Henry van Zyl
Boodskappe: 30
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
nokia = selfoon (handelsnaam)

@igs.net wrote:

> writes: >
>
>> die kierie is nie nodig nie, faan
>> Charl Durand
>>
>>
>>
>> dit was 'n warm, swaar bosveldsaterdagmiddag toe basie
> van die plaas langsaan bel en sê kom help.
>>
>> dis 'n kobra, sê basie, hy staan reg om te pik.
>>
>> ek het bakkie toe gehol, ingespring en deurgejaag.
>>
>> daar aangekom het ek basie se sifdraadvoordeur met
> die kierie oopgestoot. in die sitkamer hoor ek die televisie
> dreunend aan.
>>
>> op die bont rusbank lê basie in net sy onderbroek
> met sy bolyf wit tot by sy bo-arms, vanwaar die bosveldson
> se bruin oorneem. Hy steun op sy een elmboog, en sy nek
> is blink van sweet. Hy kyk vir my, miskien sê hy iets
> maar basie hoekom sit jy altyd die tv so hard aan.
> die kobra lê slap halflyf oor die springbokvel op die
> klipvloer, sy kop onderstebo sodat die bleek gladheid
> van sy keelvel wys.
>>
>> die bakkop was hier, beduie basie en hy sluk nog whiskey. hy
> maak sy vingers bak 'n halfmeter van sy gesig af. en elke slag
> as die selfoon piep maak as ek met my duim 'n nommer
> druk verstar hy, ek voel hoe ons mekaar se gedagtes probeer
> lees. maar hy't 'n fout begaan, sê basie. want toe die senter
> die drie druk en die mense mal juig het die slang geskrik en
> vir die tv gekyk.
>>
>> dis toé dat ek die nokia gooi, sê basie.
>
>
> Wat is "nokia"?
>
> Piggy, wat nie van yswyn hou nie.
Vorige onderwerp: "Sonneblom" deur JEANNE GOOSEN
Volgende onderwerp: "Die dye trek die dye aan" deur N.P. van Wyk Louw
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 10:49:16 MGT 2024